DESCRIPTION
Die opvolg op Dis ek, Anna. Wat het met Anna gebeur die oomblik na sy die sneller getrek het? Lees nou die opvolg, agt jaar na die verskyning van Dis ek, Anna. ‘n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe na die moord op haar stiefpa – ‘n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.